Die reis duur voort

“Op Sarrisam is die wind se geblaas ‘n konstante klankbaan waaraan mens jou kan oorgee.” 

Laat weet Anoeschka. Haar reis duur voort. Deur dorre dele waar sy mense ontmoet wie se harte steeds warm klop, ten spyte van dit waardeur hulle gaan – die so-te-sê niks-droog daar buite maar soms ook hartsdinge wat dreig om sielsdroogtes te raak.

Niemand sê dit soos Anoeschka nie – luister self  hier hoe sy vertel van haar reis oppad na oom Gert Sarrisam.

Dit is ook hier waar sy tannie Hester ontmoet het, wat ‘n spesiale boodskap deel aan ander vroue – eintlik ander mense – wat saam met hulle mans deur hierdie droogte, en ook ander siels-droogtes gaan.

En kyk na die fotos op die vorige blad om bietjie die wêreld daar Anoeschka se kamera-oog te beleef.

En na haar terugkeer huistoe, reflekteer sy oor haar besoek …  en laat ons met die afwagting vir die volledige storie…

Share this post