Ek kan nee sê

Die dele van jou lyfie wat nie met jou swembroek toegemaak word nie, soos jou hande, voete, arms, skouers – dit is die dele waar ander mense kan raak – dit word GROEN genoem. As ander mense aan die groen deel van jou lyfie raak, voel dit veilig.

Daardie dele van jou lyfie wat nie deur jou swembroek toegemaak word nie, maar naby jou swembroek sit, soos jou magie en bobene en bors – dit is die dele waar dit partymaal nie veilig kan wees as ander mense daar vat nie – dit word ORANJE genoem. Partymaal voel mens nogal deurmekaar as ander mense aan die oranje dele van jou lyfie vat. En weet jy wat? Dit is dan jou kans om so hard as wat jy kan NEE te sê! En vir iemand te vertel wat jy vertrou.

Die dele van jou lyfie wat met jou swembroek toegemaak word, is daardie dele waar niemand aan jou mag raak nie – dit word ROOI genoem. Dit noem ons jou privaatdele. As ander mense aan die rooi deel van jou lyfie raak, voel dit deurmekaar en nie veilig nie. Dit is dan jou kans om so hard as wat jy kan NEE te sê!! En vir iemand te vertel wat jy vertrou.

– jy moet tjoepstil bly daaroor. Daar is goeie en slegte geheime. Wanneer die geheim oor jou lyfie gaan, is dit ’n geheim wat jou deurmekaar en sleg laat voel. ’n Goeie geheim is iets wat jou bly en opgewonde en lekker laat voel! As daar slegte geheime in jou lewe is, moet jy vir iemand vertel. En as daar geheime in jou lewe is wat jou deurmekaar laat voel, moet jy ook vir iemand vertel.

Hoe maak mens dan? Die robot-storie gaan vir jou vertel hoe om te maak.

Het jy geweet dat jou lyfie nes ’n robot is?

’n Robot is mos daardie lang paal met die drie ligte wat ons in die straat sien. ’n Robot help om die motors in die straat te wys hoe om te ry. ’n Robot het ’n baie belangrike werk! ’n Robot moet sorg dat almal veilig is. ’n Robot wys vir al die motors hoe om te ry en die robot gebruik drie ligte om dit te doen.

 

Die boonste lig: ROOI – die rooi lig wys vir al die motors om te stop. Dit is die lig wat vir ons wys dat dit gevaarlik is – almal moet STOP.

Die middelste lig: ORANJE – die oranje lig wys vir al die motors dat hul moet stadiger ry. Dit is die lig wat vir ons wys dat daar dalk bietjie gevaar kan wees –
ons moet STADIG.

Die onderste lig: GROEN – die groen lig wys vir al die motors om te ry. Dit is die lig wat vir ons wys dat alles reg en veilig is – ons kan maar RY.

Net soos die robot, kan ons lyfies ook in verskillende kleure ingedeel word.

Het jy geweet dat jou lyfie net aan jou behoort? en dat jou lyfie baie spesiaal is?

Liewe Jesus het jou baie spesiaal gemaak. Omdat jou lyfie aan jou behoort en so spesiaal is, moet jou lyfie opgepas word. Jou lyfie het mos sommer ’n klomp dele – arms, bene, hande, voete, ore, ’n neus en – o ja – privaatdele! Privaatdele is daardie dele van jou lyfie wat deur jou swembroek toegemaak word. Dit is ook die dele van jou lyfie waar niemand anders mag raak nie.

Ons kinders kry elke dag drukkies – veral van Mamma, Pappa, Ouma of Oupa. Dalk kry jy ook drukkies by Juffrou of die oom wat oorkant die straat bly. Van hierdie drukkies, of maniere hoe mense aan jou vat, laat jou veilig voel. Van hierdie drukkies, of maniere hoe mense aan jou vat, laat jou deurmekaar voel.

Partymaal as daar aan jou lyfie gevat word, wil mense dit graag geheim hou. Weet jy wat is ’n geheim? ’n Geheim is wanneer jy nie mag praat oor dit wat gebeur nie

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat kan ek doen?

Ons moet NEE sê en praat as daar iemand is wat aan ons privaatdele vat! As jy ’n geheim het wat jou deurmekaar en sleg laat voel, vertel vir iemand daarvan. Liewe Jesus wil nie hê dat ons met sulke geheime in ons binneste moet rondloop nie. Vertel vir iemand by wie jy veilig voel en vir wie jy vertrou. Wat beteken dit om iemand te vertrou en wie is die mense wat jy kan vertrou nou weer? Om iemand te kan vertrou, beteken dat jy vir hulle enige iets kan vertel en hulle sal jou help. Dit kan Mamma, Ouma, jou Juffrou, die Dominee of die Polisie wees. Dink bietjie aan mense in jou lewe wat jy kan vertrou – kan jy ’n paar noem?

En weet jy wat? Behalwe hierdie mense wat jou kan help, is daar ook ’n verniet-telefoonnommer wat jy kan bel!

Bel Kinderlyn
08000 55555

Share this post