Hier in die Boland is ons jubelend oor die wonderlike reën wat geval het, en steeds val … die Bergrivierdam loop oor, ander damme is ook vol of amper vol.
Maar selfs net ‘n paar honderd kilometer noord, en verder lyk dinge nog baie beroerd … En kan ons, mag ons nie vergeet om hierdie mense wat so bitter swaar kry in ons harte en ons gebede te hou nie.
Luister wat sê Anthea Cronje, oor die uitdagings wat kring en uitkring … hoe jou neseier en spaargeld in die een gat na die ander verdwyn, en hoe daar elke dag iets anders is wat voel of dit die lewe uit jou uitwurg, hoe ‘n vrou positief en staande moet bly wanneer haar man lyk of hy wil knak, en haar pleidooi, bid net, bid asseblief net vir ons …
Hannes Mostert vertel dat dit hierdie jaar nog maar net 7.5mm by hulle gereën het … hoe moet veld herstel?
Justin Krige relays more about his journey.
En uit Aberdeen se wêreld vertel Gert van Rensburg hoe moeilik dit is om te hoor hoe lekker dit elders reën en by hulle is dit nog so droog. En hoe skuldig hy dan voel want hy gun vir ander die reën … maar dis moeilik om so te sukkel elke dag … en dit waarmee jy elke dag worstel, die nare wreedheid van droogte …
En, hier vertel Pieter Schoeman meer.
Anita van Dyk stuur ‘n boodskap hier…
En Erik de Milander praat oor gemoed-droogtes …
Die foto is geneem deur Brand du Toit in die Williston-distrik.