Anoeschka von Meck, skrywer van die veelbekroonde boek en nou ook rolprent, Vaselinetjie, is nie net self ʼn uitgesproke Christen nie, maar ook ʼn plaaskind wat tans op Calvinia woon waar boere swaar gebuk gaan onder die droogte, diefstal en nadersluipende geweldsmisdaad van plaasmoorde.
  • “Vir etlike jare dra ek die boeregemeenskap van SA swaar op die hart. Wanneer boere na mekaar uitreik en mekaar deur uitmergelende tye help, roer dit my diep.”
  • “Ek word nie gedryf deur gierigheid of 'n soeke na populariteit nie, maar deur my verhouding met my Vader en Here Jesus. Ek kies dinge om by betrokke te raak waarin ek GLO en wat ek meen integriteit het – en hierdie projek het dit beslis!”