Siegfried het grootgeword in Vryheid, Natal en sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Bellville voltooi. Na sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch het hy ʼn nagraadse kwalifikasie in spelterapie bekom. Hy is ʼn predikant wat ook as lewensafrigter (“Life Coach”) van Transmind SA mense begelei deur fases van verandering. Hy is getroud met Elfreda en het twee kinders, Leandri en Carlo. Hy maak graag gebruik van musiek, teater, poppekas en ander kunste om mense nuwe opsies vir die lewe te gee.