Ons skop af!

Op Vrydag 15 Maart het Burre Burger, namens Mosselbaai Nissan, die splinternuwe Xtrail aan Anoeschka von Meck oorhandig. Baie dankie Mosselbaai Nissan dat julle so groot in ons projek glo! Logo Studio Mosselbaai het die motor vir ons verfraai met al die nodige inligting. Met hierdie motor gaan Anoeschka von Meck vier maande deur Suid-Afrika reis om verhale van hoop by mense te gaan haal. Veilig reis, Anoeschka. Baie dankie aan The Garden Shed, Wellington, wat Anoeschka geakkommodeer het tydens haar besoek aan Wellington.

Share this post