Author(s)

Category

Kaleidoskoop van kerke

Opwindende manier om kinders van tussen drie en sewe jaar aan die wonder van aanbidding bekend te stel. Die benadering, wat godsdiensopvoeding en aanbidding integreer, is reeds by talle slypskole en opleidingsessies aangebied. Die aktiwiteite wat ontwikkel is, sluit aan by die algemene liturgiese orde wat in alle Reformatoriese kerke gebruik word.

Jong kinders het ‘n spesiale omgewing nodig waar hulle die Here kan ontmoet en aanbid. Hulle behoort die Bybel op hulle eie te ervaar in ‘n lokaal waar hulle geloof gevoed kan word en hulle voorberei kan word om deel te neem aan die volle geloofslewe van die gemeente. Die metodes wat in die boek beskryf word is gebaseer op die ervaring van die skrywers en sal van onskatbare waarde vir Sondagskoolonderwysers en Kategete wees om kinders te help om aanbidding te verstaan en aktief deel te neem.

Look Inside