Die Groot Aanhalingsboek

R180.00

  • Description

Description

Die Groot Aanhalingsboek is die perfekte geskenkboek met meer as 3000 aanhalings, wyse woorde, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe.

 “Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf gesê. Die Groot Aanhalingsboek is ’n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en dit bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met ’n Christelike lewensbeskouing. Onderwerpe sluit van aanbidding tot ywer in, en daar is ook spesiale woorde vir spesiale geleenthede soos verjaardae. Daar is woorde vir motivering en inspirasie, troos en bemoediging, vir spesiale vriende, ’n geliefde of vir ’n romantiese geleentheid, aanmoediging vir enige groot onderneming of lewenstaak, vrolike heildronke vir feestelike dae en spreuke uit verskillende lande. Die skrifgedeeltes vir naslaan vir noodsituasies verskaf troos uit God se Woord op die regte tyd.

SKU: VAV0340 Category: ISBN: 9780796321046
Add to Wishlist