Die hap van die appel

R220.00

  • Description
  • Author
  • ISBN
  • Podcast

Description

Donna Gerritzen se huislike lewe is moeilik. Haar pa is ’n alkoholis, haar ma se kop is op ander plekke en hulle woon in ’n myndorp in die laat tagtigs. Op agtien raak sy swanger en trou met die rykmanseun Werner de Klerk. Oornag word sy groot, en probeer met haar foute vrede maak en saamlewe. Haar twee kinders ten spyt, is haar lewe eensaam, want Werner drink en behou sy jongmans-leefstyl. Sy byt maar vas – ’n mens maak nie een fout met ’n ander reg nie.

Sy ontmoet ’n jong pastoor, Armand le Roux. Donna stap ’n parallelle lewe saam met hom, met die knaende wete dat sy moes gewag het vir ʼn man soos Armand. Sy vind God, en vervulling daarin om iets van haar lewe te maak.

Die hap van die appel is ’n deursnit van hoe dit dikwels in die lewe gaan – selfverwyt, beskaamde hoop, uithouvermoë en ongevraagde vervulling.

 

Cindy Robertson is in Tanzanië gebore en het in Mosambiek en Zimbabwe Engels grootgeword, maar skryf ewe gemaklik in Afrikaans. Nadat sy vir ’n paar jaar in Ierland gewoon het, het sy na Suid-Afrika teruggekom. Sy het reeds ses boeke gepubliseer waarvan een, Maskers, in 2016 vir ʼn ATKV Veertjie benoem is.  Cindy bly in Hartbeespoortdam. Sy het drie kinders en drie kleinkinders.

 

ISBN

978-1-86804-451-1

Podcast

SKU: BAR014 Category: Tag:
Add to Wishlist