Evangelie van Johannes

R195.00

  • Description
  • Author
  • Look inside

Description

As jy ’n pad van geestelike verdieping wil aanpak, is hierdie boek jou ideale metgesel. Herman Breytenbach begelei jou nie alleen deur die groot hoofpaaie van die Johannes-evangelie nie, maar laat jou ook by die mooiste uitkykpunte in die Evangelie stop.

’n Ou kerkvader het honderde jare gelede gesê die Johannes-evangelie is soos ’n poel water waarin die baba kan sit en spat, maar waarin ’n olifant kan verdrink. Dit is seker die lekkerste boek in die Bybel om te lees, want dit lyk so eenvoudig. God het ons so lief dat Hy sy Seun gestuur het om vir ons die ewige lewe te bring; of, elkeen wat in Jesus glo, is gered; of, niemand sal die gelowige uit die hand van Jesus of sy Vader kan ruk nie. Deur die gebruik van tekens en preke skets hy nie alleen die hooftrekke nie, maar verduidelik hy ook die fyner besonderhede wat saak maak – alles om jou te help om Johannes in diepte te verstaan. En dit is nie al nie – sy konsep van “Ek is” en die gebruik van tekens en preke maak die boek duidelik en prakties; dit is ook vol vrae wat jou sal help om na te dink oor die boodskap, én om die boodskap op jou lewe toe te pas.Die boodskap van Johannes in hierdie boek kan nie anders as om uiteindelik deel van jou geestelike ervaring te word nie. Droë Bybelstudie is dit nie – dit is ’n geestelike verdiepingstog wat jou van die plas van die baba sal begelei tot by die olifant wat in die dieptes van die boodskap van Johannes wegsak.

Prof Jan van der Watt
Professor in Nuwe Testament aan die Universiteit Radbouden in Nijmegen
2016

 

200pp

Sagteband

 

Herman Breytenbach was predikant en bly steeds aktief besig met Bybelskole en lewer ook preke en praatjies in verskeie gemeentes. Hy was ’n professor in Teologie by Tukkies. Deel van sy verskeie belangstellings is onder meer om as professionele jagter toeriste van die buiteland op safari’s te neem. Hy is getroud met Annely, ʼn tandarts en hulle woon in Krugersdorp. Sy kinders is vir hom sy grootste rykdom. Vir hom bly sy roeping – om die Woord van Christus te versprei, steeds die belangrikste passie van sy lewe.

 

 

SKU: VAF092 Category: Tag:
Add to Wishlist