God se kinders Storieboekbybel

R70.00

Available in AfrikaansSotho, English, XhosaTswanaZulu and Pedi.

  • Description

Description

In God se kinders -Verhale uit die Bybel vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur ‘n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storieboekbybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met ‘n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring. Hierdie Bybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit – die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as ‘n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld. Die Storieboekbybel kan ook aangekoop word as deel van die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek.

SKU: TUTAFR Category: Tag:
Add to Wishlist