-69%

Kaleidoskoop van kerke – wat kerke glo en doen

R80.70 R25.00

Offer Ends In:
44Days08Hours41Minutes53Seconds

Hierdie is ‘n lekkerlees boek vol wetenswaardighede oor verskillende Christelike kerke in Suid-Afrika. Dit dwing ons om na te dink waaroor dit in ‘n kerk behoort te gaan. Hierdie boek is bedoel vir elkeen – veral ook vir lidmate – wat wonder oor die kerk.

  • Description
  • Author
  • Look inside

Description

Dit is ’n lekker lees boek vol wetenswaardighede oor die verskillende Christelike kerke in Suid-Afrika. Dit dwing ons om na te dink waaroor dit in ’n kerk behoort te gaan: oor “Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, Lig uit Lig, waaragtige God …”, wat ons uit genade red, aan ons geloof skenk, ons tot sy kerk versamel en deur sy Woord en Gees regeer. Hierdie boek is bedoel vir elkeen – veral ook lidmate – wat wonder oor die kerk.

 

174pp

 

Pieter Verster is in Heilbron in die Vrystaat gebore. Hy het sy skoolloopbaan by Vrede Laerskool begin, by Willem Postma Laerskool in Bloemfontein voortgesit en aan Grey Kollege in Bloemfontein voltooi. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, waar hy BA (UV), BA Honn Grieks (UP) BD (UP), MA (UV), DD (Sending- en Godsdienskunde UP) en DD (Dogmatiek en Etiek (UP) behaal. Hy is tans hoof van die Departement Sendingwetenskap aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is lidmaat en geordende leraar van die NG Kerk. In 2008 is sy boek A Theology of Christian Mission: What Should the Church Seek to Accomplish? New York: Edwin Mellen Press, gepubliseer. Die boek New Hope for the Poor is in 2012 by SunMedia gepubliseer. ’n Boekie oor die vernaamste godsdienste, Wie het die waarheid beet? ’n Vergelykende oorsig van die Christendom en die grootste godsdienste van die wêreld behaal in 1996 die prys as die beste publikasie in die CUM/RSG-skrywerskompetisie. Hy behaal ook ’n C3-gradering by die NNR. Hy is getroud met Ernéne (’n bibliotekaresse) en hulle het twee dogters, Wanda en Frida, en ’n seun, Pieter.

SKU: VAF070 Category: Tag:
Add to Wishlist