-54%

Matteus, volg my!

R131.20 R60.00

Offer Ends In:
68Days11Hours39Minutes30Seconds
  • Description
  • Author
  • Look inside

Description

Matteus is nie ‘n stowwerige man van ouds nie, maar ‘n werklike vlees-en-bloed persoon waarmee almal kan identifiseer. Net soos ons, gaan hy al die ervaringe in die lewe deur en kom op die ou end tot die gevolg daar  is net een waarheid – om Jesus te volg.

Wat ‘n aangrypende boek! Deur die loop van 32 kort en kragtige hoofstukke help Herman Breytenbach ons om vir Mateus te hoor en te lees, asof vir die heel eerste keer. Gedurig word ons uitgedaag om ons kruis met vreugde op te neem en Jesus na te volg. Lees dit, dan sal jy sien wat gebeur.  (Stephan Joubert)

136pp

Sagteband

Herman Breytenbach was predikant en bly steeds aktief besig met Bybelskole en lewer ook preke en praatjies in verskeie gemeentes. Hy was ’n professor in Teologie by Tukkies. Deel van sy verskeie belangstellings is onder meer om as professionele jagter toeriste van die buiteland op safari’s te neem. Hy is getroud met Annely, ʼn tandarts en hulle woon in Krugersdorp. Sy kinders is vir hom sy grootste rykdom. Vir hom bly sy roeping – om die Woord van Christus te versprei, steeds die belangrikste passie van sy lewe. 136pp Sagteband
SKU: VAF091 Category: Tag:
Add to Wishlist