My vryheid in Christus – wat is my geoorloof?

R100.90

  • Description
  • ISBN
  • Author
  • Look inside

Description

Hierdie studie oor Korintiërs word as ʼn homiletiese kommentaar aangebied. Die eenvoudige struktuur van verklaring en toepassing van Skrifeenhede maak die teks en boodskap toeganklik vir gelowiges wat met die Bybel erns maak en trek die toepassing daarvan prakties deur na die daaglikse lewe.

 

90pp

ISBN

978-1-86804-387-3

Faan Botha se diens aan die opgestane gekruisigde Christus is diepgaande gevorm deur sy toegewyde en langdurige studie van Paulus se briewe in die eerste eeu aan die gemeente in die destydse belangrike Griekse handelstad, Korinte. Vanaf sy doktorale proefskrif (1991) oor die opstanding, opstandingsliggaam en opstandingslewe volgens 1 Korintiërs 15:35-58, loop ’n lyn van deurleefde geloof. Dit vind neerslag in die manuskrip wat Botha vir publikasie by Christelike Lektuurfonds aangebied het. Hier deel die skrywer sy vakkundige studie van die Griekse teks, sy diep teologiese insig vanuit die omgang met die inhoud van Paulus se eerste brief aan die Korintiërs en sy erns om die boodskap van die Woord van God vir die daaglikse lewe toe te pas, met sy lesers.

SKU: VAF086 Category: Tag:
Add to Wishlist