Featured

Naamdraers van Jesus – Wellington se donkies

R350.00

  • Description
  • Author
  • ISBN
  • Look inside

Description

Vir dekades al word na hulle as die Donkies van Wellington verwys. Vir die sendingstudente was en is dit ’n erenaam. Die ontstaan van die naam Donkie vir ’n sendingstudent aan die destydse Wellingtonse Sendinginstituut kom uit die beginjare van die “Boeren Zending School”. Toe die Wellingtonse sendingstudente daarna aan ’n naam begin dink, het dr. Andrew Murray met die naam “Donkie” vorendag gekom na aanleiding van Jesus se intog in Jerusalem op die rug van ’n donkie. So sou die donkie die sendeling as draer van Jesus se naam en die evangelie voorstel. Naamdraers van Jesus vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar by die Sendinginstituut gestudeer het. Hulle het die naam van Christus en die evangelie oor grense heen met ongeëwenaarde ywer gedra. In die kerkgeskiedenis sal hulle altyd bekendstaan as die toegewyde naamdraers van Jesus.

Tweede bygewerkte uitgawe.

602 pp

Dr. Pieter Bingle het, na 42 jaar in aktiewe bediening, as predikant van die Gereformeerde Kerk Kaapstad in Februarie 2006 afgetree, waar hy bykans 33 jaar lank gearbei het. Hy is een
van twee ere-Donkies van die destydse Sendinginstituut.

ISBN

978-1-86804-445-0

SKU: VAF112B Category: Tag:
Add to Wishlist