Ons leef soos kinders van God

R80.80

  • Description
  • Author
  • Look inside
  • ISBN

Description

Ons het goeie verhoudinge met ander en veral ons familie nodig om gelukkige en vervulde lewens te geniet.

In hierdie boek word aan die hand van sestien treffende boodskappe ‘n pad gestap. Nader aan God en nader aan mekaar. Lees hierdie boek as jy en jou gesin meer wil weet oor hoe om jou volle potensiaal te bereik – oor hoe om waarlik te leef as kinders van God.

Sean Esterhuizen is die afgelope 21 jaar ’n predikant van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (VGKSA). In 2015 aanvaar hy die pos as VGKSA predikant in Sinodale diens verantwoordelik vir die ontwikkeling van missionale gemeentediakonaat. Gedurende sy 16 diensjare as direkteur van ’n NRO het hy waardevolle ondervinding in gemeenskapsontwikkeling opgdoen. Hy is getroud met Yvette en hulle het twee kinders.
Sean se persoonlike credo: “Doen alles wat jy kan om die evangelie te verkondig en, indien nodig, gebruik woorde.”

 

Leon Venter is predikant en hoof van Bybelmedia. Voorheen was hy predikant in Sonstraal en Parowvallei-Oos. Hy is getroud en woon in Durbanville. Sy belangstellings is onder andere leierskap, entrepeneurskap en spiritualiteit.

ISBN

978-1-86804-374-3

SKU: VAF080 Category: Tag:
Add to Wishlist