Padkos 3 – Alles nuut!

R245.00

  • Description
  • Author

Description

Padkos 3 – Alles nuut! bevat die kernboodskap van die hele Nuwe Testament in die Evangelies. Die skrywer het die boodskap van die Woord op ʼn eenvoudige en helder wyse oopgebreek, sodat dit jou in die hart aanspreek en jy in verwondering kan uitroep, “My Here, my God!”

Attie Beetge het reeds talle boeke, brosjures en pamflette geskryf. Reeds miljoene van sy pamflette is oor meer as 50 jaar versprei. Die meeste daarvan is saamgevat in sy boek KaleidoskHOOP. Dit is ook in Engels vertaal, onder die titel, Hope shatters the darkness. Hy het ook ’n ongepubliseerde digbundel geskryf, Emosies. Sy mees onlangse werke is die Padkos-reeks: Drie boeke wat die boodskap van die hele Bybel bevat: ’n Reis van Genade, Leer om te Leef en Alles Nuut.
Attie Beetge was predikant in die NG Kerk en het die gemeentes Ysterplaat, Viljoenskroon, Rustenburg en Pretoria-Oos bedien. Na sy aftrede het hy hom in Jeffreysbaai gevestig. Hulle woon nou op Stellenbosch.
Hy is in 1959 getroud met Ester Swart van Parys. Hulle het 5 kinders en 13 kleinkinders. Ester is sy beste kritikus en sy help en inspireer hom in sy skryfwerk.

SKU: VAF105(O) Category: Tag:
Add to Wishlist