-36%

Padkos-reeks bieliepak

R560.00 R360.00

  • Description

Description

Die boodskap van die hele Bybel vir ons dag. Deurdrenk met Skrifgetroue nadenke en praktiese toepassings maak hierdie drie volumes (1,319 bladsye en 890 hoofstukke) die Bybel vir jou oop en word dit ’n nuwe daaglikse geestelike lewensreisgids vir jou.

Spesiale aanbod om al drie boeke te bestel!

Stephan Joubert sê: “Attie Beetge is ’n deurwinterde man van God. Te midde van suksesvolle bedienings in verskeie gemeentes het hy homself ook onderskei as ’n skrywer van formaat. Regoor die land het hy deur die jare leraars en ouderlinge gehelp deur sy immer gewilde huisbesoekkaartjies, wat vandag steeds in vele gelowiges se Bybels ’n ereplek het.

In die nuwe Padkos-reeks werk hierdie geliefde en gewilde skrywer stelselmatig deur die Bybel.

Hierdie drie volumes (Padkos 1, 2 en 3) is van hoek tot kant deurdrenk met Skrifgetroue nadenke en praktiese toepassings. Vanuit die Skrif neem Attie sy lesers op ontdekkingstogte na ou en nuwe geheime oor God.

Keer op keer is ek net aangegryp deur sy diep insigte in God se Woord en sy eenvoudige, dog diep deurdagte maniere van skryf oor God se handelinge regdeur die Bybel. Hierdie boeke is nie net noodsaaklike leesstof nie; dit is ook lewensbelangrike reisgidse vir elkeen wat die Bybel van voor tot agter wil deurwerk. Dit is sielsverrykend. Dit is lewensveranderend. Dit is verpligte leesstof. Lees dit, dan sal jy sien wat ek bedoel”.

 

Padkos 1 – ʼn Reis van Genade is propvol Christelike hoop, selfs in die wanhopigste omstandighede. Na elke dagstukkie ervaar mens blydskap en dankbaarheid en dikwels asemrowende verrassings. Die lei mens spontaan tot oorgawe en aanbidding van ons groot en goeie Vader, wat liefde is.

 

Padkos 2 – Leer om te leef, is ʼn boek wat jou aanspreek in alle lewensomstandighede. Die vyf digterlike boeke van die ou Testament, Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied, laat jou weer die geheim van die lewe ontdek en haal jou uit die put van moedeloosheid, van vrees en twyfel, en sit jou voete weer op ʼn rots.

 

Padkos 3 – Alles nuut! bevat die kernboodskap van die hele Nuwe Testament in die Evangelies. Die skrywer het die boodskap van die Woord op ʼn eenvoudige en helder wyse oopgebreek, sodat dit jou in die hart aanspreek en jy in verwondering kan uitroep, “My Here, my God!”

SKU: VAFPAD Categories: , Tag:
Add to Wishlist