Suid-Afrika – land van baie godsdienste

R222.00

  • Description
  • Author
  • Look inside
  • ISBN

Description

Suid-Afrika is ’n land van baie godsdienste, waarin Christene, Moslems, Hindoes en Jode elke dag met mekaar skouers vryf. Dit maak die lewe interessant, maar dit laat ’n mens ook wonder:

  • Wat glo Moslems en Jode?
  • Wat is die hoofpunte van die Christelike geloof?
  • Hoe moet ek teenoor Hindoes, Boeddhiste en Bahai’i gelowiges optree?
  • Speel die tradisionele Afrika-godsdienste nog ’n rol in ons land?

In dié boek word elkeen van die godsdienste van Suid-Afrika aan die orde gestel, voordat daar na die dieper vrae gekyk word:

  • Is alle godsdienste gelyk?
  • Glo ons aan dieselfde God?
  • Kan Christene met mense van ander gelowe in gesprek tree oor hul onderskeie oortuigings en belewenisse?
  • Watter riglyne moet in ag geneem word in die dialoog tussen mense van verskillende godsdienste?

Die skrywers wat aan die publikasie meegewerk het, is vanweë doseeropdragte en praktiese ervaring, elk ’n kenner van sy onderwerp.

Redakteurs: Piet Meiring en Arno Meiring

ISBN

978-1-86804-326-2

SKU: VAF071 Category: Tag:
Add to Wishlist