Uit die Beek 2019

R165.00

  • Description

Description

Toeganglike en kragtige dagstukkies deur Barend Vos volg die RCL-leesrooster en sluit ‘n teksvers en gebed vir elke dag in.

“Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” – Johannes 7:38

     Uit die Beek is die eerste keer in 1915 gepubliseer. Vanjaar verskyn dit weer uit die vaardige pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Oor die Outeur

Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.

 

Uitgewer: Lux Verbi

SKU: VAV0301 Categories: , Tag: ISBN: 9780796320933
Add to Wishlist