Uiteindelik vry

R201.80

Available in Afrikaans and English.

  • Description
  • Look inside
  • Author
  • ISBN

Description

In 1990 het Vader Michael Lapsley, ’n Anglikaanse priester wat aktief in die stryd teen apartheid betrokke was, ’n briefbom oopgemaak wat hom amper sy lewe gekos het. Hy het oorleef, maar hy het sy hande en een van sy oë in die ontploffing verloor. Hierdie lewensverhaal vertel ons van dit wat hom op die pad na hierdie verskriklike ervaring geplaas het – ’n duidelike gewaarwording van die radikale eise van die Woord en sy groeiende identifikasie met die vryheidstryd. Maar sy inspirerende reis het hom ook verder geneem. Die postapartheid Suid-Afrika het vir Vader Lapsley gekonfronteer met ’n hele nasie wat genesing nodig gehad het. Hy het ’n nuwe roeping ontdek: om sy eie traumatiese ervaring te gebruik om ander te help om heel te word, in Suid-Afrika en later ook dwarsoor die wêreld.

Hierdie boek sal enigeen wat al deur swaarkry, stukkendheid en teenspoed gekonfronteer was, inspireer. Dis ʼn bevestiging van die triomferende menslike gees en dit sal lesers aanmoedig om struikelblokke met moed en vergifnis aan te durf.

Uiteindelik vry is die Afrikaanse vertaling van Michael Lapsley se Redeeming the Past (wat in 2013 die Andrew Murray/Desmond Tutu-prys gewen het). Dit is goed, selfs bevrydend, om die boek juis ook in Afrikaans te lees.

Michael Lapsley is in Nieu-Seeland gebore en in Australië as priester georden. Hy het in 1973 as sendeling na Suid-Afrika toe gekom, betrokke geword by die stryd teen apartheid en by die ANC aangesluit. Na ’n aanslag op sy lewe, het hy in 1998 die Institute for Healing of Memories gestig om slagoffers van trauma en geweld wêreldwyd te help.
Stephen Karakashian is ’n Amerikaanse sielkundige wat ’n hele aantal jare vir Vader Michael Lapsley en die Instituut in Suid-Afrika bygestaan het. Hy woon in die Verenigde State in Portland.

ISBN

978-1-86804-339-2

SKU: VAF077 Category: Tag:
Add to Wishlist