Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

Resource Toolkit – faulty

Resource Toolkit

Die kerk in beelde

Baie jare gelede het die Nuwe Testamentikus Paul S Minear ‘n boek geskryf oor Images of the Church in the New Testament. Hierin het hy nie minder nie as 96 maniere raakgesien waarop in die Nuwe Testament in beeldende taal na die kerk verwys word. Toe ek onlangs tydens grendeltyd vir die gemeente dagstukkies wou skryf wat ook sommer pitkos gee vir ‘n gemeente wat in die proses is om na te dink oor wie hulle is en waarheen hulle op pad is, het ek gemeen dat ‘n mens gerus hieroor kan nadink: hoe skryf die Nuwe Testament oor die kerk? (Iewers in die stukkies sal jy wel kan agterkom watter gemeente dit is, en wanneer dit was.)

Die kerk in beelde

Die Kerk in Suid-Afrika, COVID-19 en die Toekoms

DIE KERKE IN SUID-AFRIKA, COVID-19 EN DIE TOEKOMS is ‘n elektroniese “praktiese werkboek” waarin gemeentes gehelp word om te besin oor kerkwees en die bediening in die voortgang en nadraai van die ontwrigting wat die pandemie veroorsaak het. Rondom ses aktuele temas wat oor ses weke behandel kan word, bied die werkboek RIGLYNE vir groepsgespreksgeleenthede, PREEKSKETSE en ‘n LEIERSGIDS vir gebruik in gemeentes. Daar is ook skakels na stimulerende VIDEOS oor die onderskeie temas. Die ses temas is: Die kerke, verlede en hede; Die moontlike, waarskynlike en verkieslike toekoms; Kerkkrimping en missionale kerkwees; Eenheid en versoening; Die kerk in die platteland, te midde ook van Covid-19; Covid-19 en die toekoms. Die werkboek spruit uit ‘n meer omvattende navorsingsprojek deur ‘n studiegroep van Suid Afrikaanse kerkhistorici uit die vier grootste gereformeerde kerke in Suid-Afrika onder leiding van Prof Hoffie Hofmeyr.

Die Kerke in Suid-Af...

The church in South Africa, COVID-19 and the future

THE CHURCHES IN SOUTH AFRICA, COVID-19 AND THE FUTURE is an electronic “practical manual” assisting congregations to reflect on being church and on their ministry while the disrupting results of pandemic are still prevalent. It reflects on six relevant themes which could be discussed over a period of six weeks. The manual presents GUIDELINES for discussion in groups, SERMON NOTES and a GUIDE FOR LEADERS for use in congregations. There are also links to stimulating VIDEOS on the respective themes. The six themes are: The churches, the past and the present; The possible, the probable and the desirable future; Church shrinkage and the nature of a missional church; Unity and reconciliation; The church in rural parts, in the midst of Covid-19; Covid-19 and the future. This manual stems from a more comprehensive research project by a Study Group of South African church historians from the four biggest reformed churches in South Africa, under the leadership of Prof Hoffie Hofmeyr.

The Churches in Sout...

COVID-19: Tools for Pastoral Care

Week of prayer / Pentecost

Dr Liena Hoffman benut CLF se Week van Gebed riglyne en inspireer haar Australiese Gemeente om toerustingsvideo’s te maak wat by die riglyne aansluit. Hierdie inisiatief bevestig die besondere gawes van die Here se kinders in gemeentes en maak ons opnuut bewus van die eenheid van Jesus Christus se kerk oor die wêreld heen.

Kyk hier na die videos: https://ourcommonlife.org.au/prayer-videos/