Andrew Murray Prysfonds

CLF – Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring

2026 WENNER

Dr Attie van Niekerk

Dr Attie van Niekerk

Die Nova Instituut is in 1994 gestig nadat die Stofberg Teologiese Skool by Turfloop, waar Attie van Niekerk ‘n dosent was, gesluit is. Die NG Kerk het hulle subsidie vir die pos by Turfloop beskikbaar gestel as ondersteuning vir die dosente om ‘n ander inkomste te verky. Dit was sowat 40% van ‘n predikant se totale pakket, en daarsonder sou Attie nie met Nova kon begin nie. Die subsidie is volgehou tot 2007, toe Nova aangedui het dat hulle die verantwoordelikheid kan oorneem. Die NG Kerk word hiermee van harte bedank vir hierdie ondersteuning.

Nova is ‘n nie-winsgewende organisasie wat saam met huishoudings en ander netwerkvennote werk om lewenskwaliteit in lae inkomste gemeenskappe in Suid-Afrika te verbeter. Nova se werkswyse is om saam met lede van arm huishoudings te eksperimenteer om sinvolle oplossings te kry vir daaglikse probleme. Dit het gou geblyk dat ‘n goeie verhouding met die omgewing vir arm huishoudings selfs van groter direkte belang is as vir ryker huishoudings, om enkele voorbeelde te noem: armoede sluit energie-armoede in, wat lei tot die uitkap van bome vir brandhout, of die gebruik van steenkool wat erge lugbesoedeling veroorsaak. Armoede beteken dikwels swak sanitasie, wat die besoedeling van grondwater en riviere veroorsaak – terwyl menslike afval baie waardevolle nutriente bevat om voedsel te verbou, in gemeenskappe waar mense gereeld honger gaan slaap. In arm woonbuurte is vullisverwydering dikwels ‘n groot probleem, en hoop plastiek en babadoeke in die woonbuurte op en besoedel die grond en die water.

Daar is heelwat tegniese oplossings vir al hierdie probleme, maar dit word by herhaling in die gemeenskappe implimenteer sonder om dit te integreer met die daaglikse lewenspatrone en huishoudelike praktyke. Gevolglik word talle van die oplossings nie gebruik nie, of veroorsaak meer probleme as wat dit oplos.

Nova werk saam met lede van lae-inkomste huishoudings aan oplossings vir die probleme wat hierbo genoem is. Daar word saam besluit watter beskikbare tegniese oplossings die beste potensiaal het, en hoe hulle aangepas kan word. ‘n Paar hiervan word dan op klein skaal implimenteer, deur die inwoners gebruik, saam ge-evalueer, verbeter, en weer in die praktyk getoets totdat die professor aan die universiteit en die moeder in die huis saamstem dat ‘n sekere oplossing werk en dat dit inpas in die daaglikse roetine van die huishouding. Dan word dit op groot skaal implimenteer – ons het al ‘n sekere oplossing vir lugbesoedeling by 80 000 huishoudings implimenteer, en dit is befonds met koolstofkrediete, saam met die Protestantse Kerk in Nederland.

Nova het ook ‘n innoverende vroeë kinderontwikkelingsprogram met die naam Green Chics, wat omgewingsopvoedings- en vroeë kinder-ontwikkelingsdoelstellings kombineer. Meer as 100 kleuterskool hoofde en onderwysers is onlangs opgelei as deel van ‘n loodstudie.

Sonder die Nova-span van sowat 25 personeellede sou niks hiervan gebeur het nie. Daarom my dank en waardering vir die hele span.

NOVA Instituut

2025 WENNER

Prof. Jacques W. Beukes

Prof. Jacques W. Beukes
Prof. Jacques W. Beukes is an Associate Professor in the Department of Christian Spirituality, Church History, and Missiology at the University of South Africa (UNISA), and an ordained minister in the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA). He holds a PhD in Theology from Stellenbosch University.

Prof. Beukes specialises in Christian Spirituality, Eco-Theology, Eco-Diakonia, and Theology and Development. His research explores the intersection of faith, youth engagement, environmental justice, and community development. He has authored numerous scholarly articles and book chapters on topics such as youth environmental consciousness, the role of religion in sustainable development, and socially engaged diaconal theology.

In addition to his academic writing and frequent presentations at international conferences, Prof. Beukes is involved in collaborative projects such as the South African–German Research Hub on Religion and Sustainability (SAGRaS). He also serves as the newly appointed editor of the Stellenbosch Theological Journal’s Practical Theology issue.

He is an active member of several international academic networks, including the International Society for the Research and Study of Diaconia and Christian Social Practice (ReDi), the International Association for the Study of Youth Ministry (IASYM), and the International Academy of Practical Theology (IAPT).

Through his work, Prof. Beukes continues to bridge theological scholarship with practical community engagement, shaping discourse and practice within both the academy and the church in South Africa and beyond.

2024 WENNER

Lizelle de Bruin

Lizelle de Bruin
Lizelle de Bruin is ‘n ervare radioregisseur en omroeper, en direkteur van Wordwise Media, wat bekend is vir die konseptualisering en maak van korporatiewe video- en opleidingsmateriaal. Hulle spesialiseer in radio- en televisieprogramme, bemarking en sosiale media vir korporatiewe kliënte en ook oorklanking. Lizelle tree gereëld op as seremoniemeester en motiveringspreker en bied klas aan in kunsterapie.

As skrywer en Christenvrou in die mediawêreld is dit haar passie om godsdiens só te verpak dat dit vir almal toeganklik en verstaanbaar is. “Dit is vir my belangrik om mense se stories te vertel en om inspirasie te los waar ek ookal gaan.” Almal het ‘n plek nodig waar hulle motivering en inspirasie kan kry en deur haar kreatiewe leefstyl skep sy geleentheid juis hiervoor.

2023 WENNER

Prof. Johan Buitendag

Prof Johan Buitendag, gewese dekaan van die Fakulteit van Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria, en vooraanstaande kenner van die teologie oor ekologie, is die wenner van dié toekenning. Buitendag het baanbrekerswerk verrig toe hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat ’n doktorsproefskrif oor teologie en ekologie geskryf het. Hy is die outeur of mede-outeur van 38 artikels oor skepping en ekologie in erkende vakwetenskaplike tydskrifte, en het 10 hoofstukke in internasionaal-erkende boeke oor ekologie geskryf. Buitendag lewer ’n beduidende bydrae tot ’n omvattende teologiese benadering tot die ekologie wat ook beskryf kan word as “’n hermeneutiek van ekologiese verantwoordbaarheid teenoor die Skepper en die skepping”.

Laai sy CV hier af.