As oudste dogter van die bekende ds. P.E.S. (Piet) en Ria Smith, word Annalette groot in ’n sendingpastorie, vir ’n tyd lank ook in die Transkei. Annalette het aan die Hoërskool Bellville matrikuleer. Sy het haar verpleegopleiding by hospitale in die Paarl en Pretoria voltooi. Van 1970 tot 1972 het sy self as verpleegsuster by Isilimela Hospitaal gewerk. Sy het die Diploma in Verpleegonderwys by die Universiteit Pretoria voltooi en daarna ook ’n BA Cur in Verpleegbestuur en Gemeenskapsgesondheid by Unisa en ’n D Cur in Verpleegbestuur by RAU behaal. Sy was verpleegbestuurder by verskeie ouetehuise in Pretoria. Van 1989 tot met haar aftrede in 2007 was Annalette senior lektor in Verpleegbestuur en
Gemeenskapsgesondheid (Gerontologie) by die Departement Gesondheidstudies by Unisa.
Annalette was getroud met Gideon Perold, wat haar aangemoedig het om verder te studeer en akademies te publiseer. Na Gideon oorlede is, is Annalette met Chris Mostert getroud. Hulle woon in die Strand. Drie van haar vier kinders woon in die buiteland.