Christian Literature Fund CLF Attie Beetge CLF author - free christian material affordable christian material

Attie Beetge

Ds. Attie Beetge is op 10 Oktober 2022, op die ouderdom van 86 jaar oorlede. Hy het sy bediening in Ysterplaat in die Kaap begin, waarna hy in Viljoenskroon, Rustenburg en Pretoria-Oos bedien het. Na sy aftrede het hy hom in Jeffreysbaai gevestig en daarna in Stellenbosch gaan woon.
 
Hy is in 1959 getroud met Ester Swart van Parys. Hulle het 5 kinders en 13 kleinkinders. Ester was sy beste kritikus en hom gehelp en inspireer in sy skryfwerk.
 
Attie Beetge het talle boeke, brosjures en pamflette geskryf. Reeds miljoene van sy pamflette is oor meer as 50 jaar versprei. Die meeste daarvan is saamgevat in sy boek KaleidoskHOOP. Dit is ook in Engels vertaal, onder die titel, Hope shatters the darkness. Hy het ook ’n ongepubliseerde digbundel geskryf, Emosies. Sy mees onlangse werke was die Padkos-reeks: Drie boeke wat die boodskap van die hele Bybel bevat: ’n Reis van Genade, Leer om te Leef en Alles Nuut. Hy was ook ‘n kranige skilder en het merkwaardige houtwerk gedoen.