Deon Loots is op Upington gebore, maar het in die Bo-Karoo grootgeword. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy van 1977 tot 1984 BA, BTh en MTh. Daarna is hy Jeugleraar in Reformed Church in Zambia tot 1991. Hy dien as leraar van die NG Kerk Somerstrand vanaf 1992 tot 2014, aanvanklik as studenteleraar, maar ook as gemeenteleraar. Hy fokus veral op dissipelskap en sedert 2014 is hy Retraite leier en Geestelike begeleier by die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap.
Deon Loots
