Dr Clifford Heys

Clifford is reeds in 1940 gebore. Hy het in Seepunt (Kaapstad) sy skooljare begin. Op Stellenbosch studeer, en danksy oop deure kon hy in die VSA die rol van Radio en Televisie in die kerk nagevors. (Dit was met die oog op die koms van TV in Suid-Afrika).

In Tamboerskloof (Kaapstad) kon hy dit waag om uit die tradisionele bootjie te klim om op (soms stormagtige) waters te loop. In Helderberg (Somerset-Wes) het hy die kerk as ʼn familie (ʼn vervroegde hemel) te beleef. Op Stellenbosch het hy met die orrel die taal van die hemel leer ken, die Linguis Angelorum. Na sy vroeë aftrede het hy met ʼn nuut af gestigte gemeente spore van seën langs die Onrusrivier (Hermanus) help trap.

Maandae gaan stap hy met die Originals in die berge of langs die kus. Vrydag ry hy voor met die ‘4×4-met-momentum! Span. Tuis sit hy voor sy rekenaar.

Hy is getroud met sy beste vriend, Mattie. Hulle is geseënd met drie kinders, met die gawe om drome in werklikhede te verander: Sindy, Cronjé en Cliff en drie kleinseuns.

Boek: Ars Moriendi — want jy kan die lavatory en die cemetery nie dodge nie