Dr. Pieter van Jaarsveld is gebore in die Paarl en matrikuleer aan die Hoërskool Rustenburg. Hy het sy voorgraadse studies aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi, waarna hy sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Pretoria voltooi het. Gedurende sy bediening het hy sy M.Th en D.Th in Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Na sy diensplig het hy bedien by die NG Gemeentes Rietkuil (1982-1984), Heilbron-Suid (1984-2004), en Bothaville Moeder (2004-2021).
Tydens sy bediening was hy ‘n lid van die kuratorium by UP, het hy op verskeie besture gedien van verskeie plaaslike barmhartigheids- en getuienisaksies, en was hy ook een van die samestellers van die Handleiding van die erediens en die Liedboek van die Kerk. Dr. Pieter het ‘n leidende rol gespeel in die vestiging en versterking van ekumeniese vennootskappe, wat gemeentes in Zambië en die Caprivi, wat hy al meer as 30 keer besoek het, insluit. Sedert 2009 is hy ook betrokke by Missie Japan.
Dr. Pieter het as Moderator van die NG Kerk Vrystaat gedien van 2007 tot 2009, 2009 tot 2013, en van 2017 tot 2022. Hy het in 2021 geëmiritieer en afgetree in Bloemfontein, waar hy en sy vrou, Odia, tans woon. Hulle is die trotse ouers van vier kinders (Pieter, Corlia, Elma en Mias) en grootouers van drie kleinkinders. Dr. Pieter is steeds betrokke by NG Kerk werksaamhede, insluitend Missie Japan.