Dr. T.H.N. Sadler is ’n emerituspredikant van die NG Kerk. Hy het aanvanklik in die regsgeleerdheid gestudeer en het daarna as prokureur in Pretoria gepraktiseer. Hy het toe vir predikant gaan studeer en is in 1965 tot die bediening toegelaat. Hy het agtereenvolgens gedien in die gemeentes Suiderhof (Windhoek), Johannesburg, Koppies-Weltevrede en Kroonstad-Oos. Hy was met onderbreking vir dertig jaar lank prokureur en daarna ononderbroke vir dertig jaar lank predikant. Hy het per geleentheid gedien as aktuaris van die sinodes in die destydse Suidwes-Afrika en die Vrystaat en was ook vir vier jaar lank aktuaris van die Algemene Sinode.
Dr. Sadler

Dr. Sadler