Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

Ernst M. Conradie

Ernst M. Conradie is ’n senior professor in die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK). Hy spesialiseer in Christelike ekoteologie. Hy is die skrywer van talle toonaangewende akademiese boeke en die hoofredakteur van ’n beplande reeks met twaalf volumes, An Earthed Faith: Telling the Story amid the “Anthropocene”. Die Andrew Murray-prys vir teologiese publikasies in Afrikaans is reeds drie keer aan hom toegeken, onder meer vir Waar op Dees Aarde Vind Mens God? (2006) en Lewend en Kragtig: In Gesprek oor God se Handelinge in die Wêreld(2010). Meer onlangs het Om Reg te Stel: Oor Regverdiging én Geregtigheid (2018) en Kontra-intuïtief: Om Hierdie Wêreld as God se Skepping te Sien (2023) verskyn.

Ernst M. Conradie