Jeanne Henning Els se eerste boek (2009), Ligdans: Depressie-vegters se verhale van hoop, was ’n topverkoper en het haar landwyd as gewilde motivering-spreker gevestig.
In haar tweede boek (2011), As die stroom jou vat, beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe vanuit depressie kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfdood en gesels openhartig met ander bekendes wat selfdood oorweeg het. Jeanne is ’n bekende joernalis wat jare lank vir Die Burger en Sarie geskryf het. Jeanne is in die Paarl is gebore en het aan die Universiteit Stellenbosch joernalistiek studeer. Sy hou van reis en is ’n ywerige Camino-stapper. Sy en haar man Dolf, ook bekend in joernalistieke kringe, het twee seuns. Hulle woon in Kaapstad.
Jeanne Henning Els
Jeanne Henning Els