Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

Karen Swart

Karen Swart

Karen Swart is ‘n gewone vrou wat deur die lewe gevorm is om die skone en ongewone in die alledaagse lewe te sien. Sy het groot geword as een van vier dogters in ‘n enkel-ouer gesin.

Karen het met ‘n onderwysbeurs aan die Universiteit van Stellenbosch gaan Geskiedenis en Godsdienswetenskap studeer. In haar nagraadse jare het sy vir ‘n jaar aan die Eberhards Karls Universität in Tübingen, Duitsland gaan navorsing doen en uiteindelik haar meestergraad in Nuwe Testamentiese Studies verwerf.

Sy is tans gelukkig getroud met drie dogters. Een van die mees verdiepende ervarings in haar lewe was haar eie klein stryd met kanker. Lewe het gewen. Die ervaring het haar egter gelei om al haar skrywes oor haar gedagtes, ervaringe en gewaarwordinge van God se teenwoordigheid in haar alledaagse lewe in haar blog by die naam “God in die Gewone” op te neem.

Kyk die video waarin Karen Swart oor haar boek gesels.

Karen Swart