Dr Leon Venter is op 8 November 1959 gebore. Hy gaan skool te Hopetown waar hy as jong gelowige sy eerste kennismaking met Andrew Murray se Bybelse insigte gehad het. Na skool studeer hy teologie en filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy was leraar van die NG Gemeentes Sonstraal en Parowvallei-Oos. Hy was Hoof Uitvoerende Beampte van Bybelmedia tot April 2020 en is sedertdien leraar van die NG Gemeente Graafwater. In 2021 voltooi hy sy PhD tesis met die titel Leadership, A transformative dance aan die Radboud Universiteit, Nijmegen.
Hy is getroud met Renda en het twee seuns. Hy is passievol oor dissipelskap en navolging van Christus, geloofsgroei, spiritualiteit, transformerende leierskap, en ons Christene se roeping in die gedeelde toekoms van Suid Afrika.