Pieter Verster is in Heilbron in die Vrystaat gebore. Hy het sy skoolloopbaan by Vrede Laerskool begin, by Willem Postma Laerskool in Bloemfontein voortgesit en aan Grey Kollege in Bloemfontein voltooi. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, waar hy BA (UV), BA Honn Grieks (UP) BD (UP), MA (UV), DD (Sending- en Godsdienskunde UP) en DD (Dogmatiek en Etiek (UP) behaal. Hy is tans hoof van die Departement Sendingwetenskap aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is lidmaat en geordende leraar van die NG Kerk. In 2008 is sy boek A Theology of Christian Mission: What Should the Church Seek to Accomplish? New York: Edwin Mellen Press, gepubliseer. Die boek New Hope for the Poor is in 2012 by SunMedia gepubliseer. ’n Boekie oor die vernaamste godsdienste, Wie het die waarheid beet? ’n Vergelykende oorsig van die Christendom en die grootste godsdienste van die wêreld behaal in 1996 die prys as die beste publikasie in die CUM/RSG-skrywerskompetisie. Hy behaal ook ’n C3-gradering by die NNR. Hy is getroud met Ernéne (’n bibliotekaresse) en hulle het twee dogters, Wanda en Frida, en ’n seun, Pieter.
Pieter Verster

Pieter Verster