Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

Prof Johan Cilliers

Johan Cilliers is ‘n Emeritus Professor van die Universiteit Stellenbosch, ‘n voormalige Voorsitter van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie, asook van die Prakties-Teologiese Werksgemeenskap van Suid-Afrika. Hy was die President van die internasionale Societas Homiletica (2014-2016), en het al as besoekende dosent opgetree by die Universiteit van Umea (Swede); die Universiteit van Basel (Switserland); Die Vrije Universiteit van Amsterdam (Nederland); die Universiteite van Leipzig, Würzburg, Humboldt (Berlyn), en Hamburg (Duitsland). Hy het 23 populêre, asook 17 akademiese boeke geskryf, waarvan sommige in Duits, Koreaans, en Russies vertaal is. Benewens teologie, het hy ‘n belangstelling in astronomie en estetika.

Prof Johan Cilliers