Author(s)

Dr Pieter van Jaarsveld

Category

Die liefde van Christus dring ons

Die liefde van Christus dring ons vertel die verhaal van Missie Japan, ‘n organisasie wat reeds 50 jaar oud is. Missie Japan is meer as net ‘n sendingorganisasie; dit is ‘n vennootskap tussen twee kerkgemeenskappe wat letterlik aan weerskante van die aarbol sit. In 1973, 50 jaar gelede, stuur die NG Gemeente Bloemfontein (Tweetoringkerk) Tobie de Wet as ‘n sendeling na Japan. Dit is waar die NG Kerkfamilie se reis in Japan begin het. Die Reformed Church in Japan is ‘n klein denominasie in ‘n land waar minder as een persent van die bevolking Christene is. Tog het hierdie denominasie gegroei en verdiep, en sleutelfigure soos Tobie en Annalie de Wet, Gys en Linda Olivier, en Stephán en Carina van der Watt het as sendelinge opgetree. Hierdie boek vertel die inspirerende verhaal van die vennootskap tussen die twee denominasies wat ten spyte van afstand, taal- en kultuurverskille, van krag tot krag gegroei het.

Die skrywer van hierdie boek is dr. Pieter van Jaarsveld, wat nie net op die bestuur van Missie Japan dien nie, maar ook as die vorige Moderator van die NG Kerk Vrystaat Japan besoek het, as leraar van Bothaville gaste uit Japan ontvang het, en as ‘n entoesiastiese emiritusleraar Missie Japan ondersteun. Hierdie boek is bedoel vir almal wat belangstel in wêreldsending en die uitdagings en verhale van God se genade in ‘n eerstewêreld land wil leer ken waar mense se lewens handomkeer verander is deur die Goeie Nuus van Jesus Christus.

Look Inside