Die klaagliedere van geloof
Kom ons luister eers na die klaagliedere van twee Bybelfigure.
In 1 Konings 19:1-8 lees ons van Elia wat onder die besembos beland het. Nadat die profeet Elia ‘n groot oorwinning oor die Baälsprofete gehad het, en Baäl as ‘n magtelose afgod ontmasker is, raak Elia bang, vlug hy die woestyn in, en beland onder ‘n besembos, met ‘n doodswens. Hy is moeg vir God se eise, moeg om God se werk te doen, moeg vir God self. Hy sê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe…”
Image: Jeremiah, by Michelangelo, the Sistine Chapel ceiling (Wikipedia)