As hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!
Om te sing en dans, Hosanna uit te roep en takke te swaai, om met ons hele wese, met liggaam en gees, aan God lof en dank te betuig, dit sit in die hart van ons diens aan God, dit ís ons erediens. Oor al die eeue heen was dit so … en so sal dit wees tot in die hiernamaals. In die hemel sal daar kore wees, lofliedere tot eer van die Vader wat op die troon sit, en die Lam langs die troon, en die Gees voor die troon.
Topics:
Pentecost / Pinkster