Julle is my mense, Ek is julle God
Die boek Esegiël is in ‘n ontstellende, donker tyd in Israel se geskiedenis geskryf – rondom die vernietiging van die stad Jerusalem, die platslaan van die tempel (Esegiël 33:21-33) en die wegvoer van die volk in ballingskap. In dié tyd moes Esegiël optree, as passievolle, maar uiters vreemdsoortige profeet. Want hy moes gelyktydig profeteer oor God se oordeel en woede, maar ook oor God se genade en sorg.