As ons sukkel om te glo
Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, so vertel die skrywer van die Johannes Evangelie, het Hy verskeie kere aan verskillende mense verskyn. Aan Maria Magdalena; aan sy dissipels waar hulle agter ‘n toe deur weggekruip het; aan Thomas, die een wat so gesukkel het om te glo; en toe weer aan ‘n paar van sy dissipels op die strand van die see van Tiberias.
Topics:
Easter / Paasfees