Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Mirjam se lied – Opstandingsondag
6 April 2021

Mirjam se lied – Opstandingsondag

Passage: Exodus 14:10, 13-14, 27-31, 15:1-2, 20 (Matthew 28:1-10)

Mirjam, die suster van Moses en Aaron, was ‘n besonderse vrou. Al was sy ‘n gewone, feilbare mens – die Bybel vertel ook van haar foute, byvoorbeeld toe sy Moses kritiseer het (Numeri 12) – word sy deur die Jode as eerste vroulike profeet vereer, as die vrou wat in die wordinggeskiedenis van Israel ‘n sentrale rol gespeel het. Dink maar net aan haar briljante optrede toe Mirjam as jong dogtertjie die farao se dogter oortuig het om haar boetie Moses, die baba wat in ‘n mandjie op die Nylrivier weggesteek was, se lewe te spaar. Daarmee het sy ‘n belangrike rol gespeel in die verhaal van Moses wat later deur God gebruik sou word om die Israeliete uit Egipte te lei.

Download Files Notes