Laaste Avondmaal – oordenking vir Wit Donderdag
Dit was die Donderdagaand, op die vooraand van Jesus se kruisiging die Vrydag. Jesus het op hierdie aand die laaste keer die Avondmaal van die Joodse Pasga gevier en in die plek daarvan die Heilige Nagmaal ingestel. Die Nagmaal sou voortaan vir Christen-gelowiges nog dieper betekenis as die Joodse Pasga kry. En sedertdien is die nagmaal die hart van ons Christelike aanbidding, dit sit in die kern van ons kerk-wees. Rondom die nagmaal word ons aan Jesus Christus verbind, ingebind in sy liggaam, en vasgebind aan mekaar. Hier, rondom die tafel, tree ons toe tot intieme gemeenskap met die Drie-enige God en beleef ons egte gemeenskap met mekaar.
Topics:
Easter / Paasfees