Om te glo – volhardend te bly glo
Die Hebreër-boek is geskryf vir gelowiges wat baie swaar gekry het – klein groepies Christene in ‘n ongelowige en immorele wêreld waarin hulle uitgestoot en verdruk is. Vroeër het hulle goeie tye beleef, was dit makliker om hulle geloof uit te leef, maar nou is hulle onder druk. Wat veral duidelik word in hierdie boek is dat hulle moeg en moedeloos geword het; dat hulle begin het om hulle geloof te verloor. Hulle kon net nie meer volhou daarmee om in sulke omstandighede te bly glo nie. Hulle hande het slap geword en hulle knieë lam, hulle geloof afgestomp, hulle was op die punt om tou op te gooi, uit te sak, verlei te word en maar net soos die wêreld rondom hulle te word.
Topics:
Lent / Lydenstyd