Die dag van die Here kom
Paulus skryf hierdie brief vir die pasgestigte gemeente in die Griekse stad Thessaloniki – om hulle te bemoedig en te troos. In hierdie bruisende stad met so ‘n oorweldigende Grieks-Romeinse kultuur was dit vir hulle waarskynlik nie maklik om hul geloof te behou, en dit suiwer en sonder dwalinge te hou nie.