Die slinkse boekhouer
In hierdie laaste Sondae van die kerkjaar bedink ons die eindtyd, die eindoordeel. Vir ons wat aan Christus behoort, is daar niks te vrees vir die oordeelsdag nie – uit genade alleen sal ons vrygespreek word, alleen maar op grond van Jesus Christus se verdienste. Maar dit beteken nie dat daar nie geoordeel sal word nie. Dit beteken nie dat hulle wat sonder Christus sterf op grond van hulle dade geoordeel en veroordeel sal word nie. En dit beteken ook nie dat ons wat aan Christus behoort maar kan lewe net soos ons wil nie – asof ons nie ook voor die regterstoel van God sal verskyn en rekenskap van ons lewe sal moet gee nie. Die vraag gaan wees: het ons gelewe soos kinders van die Here? Of het ons maar ook gelewe soos die mense wat ‘n ander here dien?