Jou koning sal na jou toe kom
Vandag is die eerste Sondag van Advent, die begin van die nuwe kerkjaar. Die woord Advent beteken afwagting, uitsien, die verwagting dat iets of iemand aan die kom is, soos by die voorbereiding vir die salwing van ‘n nuwe koning. Dis ‘n opgewonde tyd, ‘n tyd waarin jy soos klein kindertjies die slapies begin tel na wanneer dit Kersfees is en hulle daai lekker geskenk gaan kry. Advent sê: ons kan nie meer wag nie!