Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

VOOR ONS VERGEET SODAT ONS KINDERS OOK KAN WEET

“Hoe verder ons terugkyk, hoe verder kan ons vorentoe sien.”

Hierdie woorde van Winston Churchill verwoord iets van die gees van hierdie versameling verhale van emeritus-predikante van die huidige Verenigende Gereformeerde Kerk en destydse Nederduits Gereformeerde Sendingkerk. Hierdie gewaardeerde dominees vertel verhale wat nie in negatiewe nostalgie verval nie, maar wat ons wel help om met diepe emosie te onthou. Dit is verhale wat ons nie vasgeketting hou aan die verlede nie. Dit is verhale wat nie die verlede romantiseer en as eenduidig boos voorstel nie. Dit is ook nie verhale wat die verlede demoniseer en as eenduidig sleg voorstel nie. In aansluiting by Churchill roep die verhale ons eerder op om te leer uit die verlede sodat ons ’n beter toekoms kan bou. Die boek baan die weg vir nog sulke vormende verhale. ’n Bundel verhale van predikante van die ander vennoot in die totstandkoming van die VGK, die NG Kerk in Afrika, byvoorbeeld, sal ons padkos vir die lewensreis op onontbeerlike wyse aanvul.  Prof Nico Koopman

Die verhale in die bundel laat jou soms lag, laat jou soms met skok en afgryse en soms met ʼn weemoed. Dit is ʼn bundel wat nie agterweë kan bly nie – die stories moet vertel word.

Koop die boek hier