Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

Waar kom jy vandaan? Waar was jy? So ′n eenvoudige – soms gelaaide – vraag. Wat het jy nou gedoen? Soms is dit ′n vraag wat ons nie so graag wil antwoord nie. Dit ontbloot gebeure waarvan ons liefs wil vergeet, waaop ons nie trots is nie. “Waar kom jy vandaan?” Hierdie vraag het Gehasi, die slaaf van Elisa, in sy spore gestuit. Gehasi het met ′n slinkse plan die groot beloning wat Naäman vir Elisa wou gee, namens sy meester gaan opeis. En met hierdie vraag het Elisa sy verkeerde dade, sy verkeerde en gulsige gesindheid, aan die lig gebring. Die vraag het hom skuldig en skaam laat voel.

“Waar kom jy vandaan?” het die matrose vir Jona gevra terwyl die storm om hulle woed. “Ek is besig om van die Here weg te vlug,” het Jona skaam geantwoord. “Hierdie storm is my skuld.” “Wat het jy nou gedoen?” het Samuel vir Koning Saul gevra nadat Koning Saul besluit het om eeder self ′n offer vir die Here te bring, selfs al het hy geweet dat hy eintlik vir Samuel moes wag om te hoor wat die Here se plan is. Ons is almal al op hierdie manier, en met soortgelyke vrae, tot verantwoording geroep. Andere kere kan hierdie vraag ons egter tot nadenke roep en vir ons nuwe insig, hoop, en vertroue vir die toekoms bring.

Aan die einde van sy lewe het Josua die Israeliete bymekaar geroep vir nabetragtig. Hy het die Israeliete op ′n gedagtenis reis geneem – terug op hulle voetspore uit Egipte, die land van slawerny. Sy vraag was eintlik dieselfde: “Waar kom julle vandaan? Onthou julle Egipte, die tien plae en die groot uittog? Onthou julle die lang pad deur die woestyn? En die oorwinning wat julle oor die Ammoniete behaal het? En dink maar weer aan die oorwinning by Jerigo, toe die mure sommer inmekaar getuimel het.” Maar Josua se vraag het ook verder gegaan: “Kan julle onthou Wie julle tot hier gebring het? Erken julle die Here se hand in julle reis?” Dieselfde God wat ons daarop wys wanneer ons gesindhede nie reg is nie, of wanneer ons verkeede keuses maak, daardie God wat in ons verlede was, Hy is ook op pad saam met ons die toekoms in.

“Julle het genade ontvang wat julle nie verdien het nie,” het Josua die Israeltiete herinner. Julle het ′n hele land – met stede, water en landerye – ontvang wat julle nie verdien het nie. Selfs in julle foute, in julle onbesonne oomblikke, daar het die Here julle steeds gelei en gehelp.” “Onthou waar julle vandaan kom, en Wie saam met julle getrek het,” het Josua gesê. “En kies dan opnuut om hierdie Here te dien en Hom te volg, die onbekende toekoms in. Ek en my huis, ons sal die Here dien.” Dit is ook so vir ons. Waar kom jy vandaan? Waar was jy? Wat het jy gedoen? Selfs al hou jy nie van al die antwoorde op hierdie vrae nie, kan jy weet dat die Here se genade groter is, en kan jy sy hand in jou storie, jou reis, erken. Ook jy kan getuig van onverdiende genade, onverdiende goedheid. En dan kan jy opnuut kies om hierdie Here te dien, Hom te vertrou en Hom te volg, die onbekende toekoms in.