Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file

 Nog ʼn bietjie wag

Openbaring 22:26

 “Ja, Ek kom gou!” staan heel aan die einde van die boek Openbaring.

En die laaste woord wat die gemeente, ons almal, inkry is die versugting:

“Amen! Kom, Here Jesus!”

Maar dit is al tweeduisend jaar gelede geskryf – en ons wag nog al die tyd.

Wanneer kom die Here dan? Alles wat om ons gebeur, die deurmekaar wêreld, die ekologiese ramp wat wag, die vreesaanjaende Koronavirus-krisis, laat ʼn mens wonder. Gaan alles maar dieselfde bly? Gaan die nuwe hemel en die nuwe aarde nooit aanbreek nie? Hoe lank moet ons nog wag?

Die Hollandse skrywer Sipke van der Land het jare gelede ʼn gedig aangehaal, wat wonderlike kommentaar op baie van hierdie vrae lewer. Dis so mooi dat ek nie eers wil probeer om die woorde in Afrikaans te vertaal nie. Gelukkig is die Nederlands maklik te verstaan.

 

NOG EVEN WACHTEN

 

Ik heb vannacht gedroomd, o Heer,

Dat alle mensen lachten,

En onbekommerd, onbezorgd

De nieuwe dag verwachten.

 

Ik heb vannacht gedroomd, o Heer,

Dat alle veten bleven rusten,

En dat mijn buurman, vol berouw,

Zijn vrouw weer teder kusten.

 

Ik heb vannacht gedroomd, o Heer,

Dat alle journalisten,

De waarheid schreven in hun krant,

En niet meer dan ze wisten.

 

Ik heb vannacht gedroomd, o Heer,

Dat Rus en Yankee samen,

Hun wapens wierpen in een kuil

En zongen: Christus…amen.

 

Ik heb vannacht gedroomd, o Heer,

Dat alle mensen lachten,

Maar toen ik wakker werd, sprak Gij:

Dat komt … nog even wachten.

Dit het my laat dink aan die apostel Petrus se antwoord op die “Wanneer?-vraag van die vroeë Christene:

“Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos ʼn duisend jaar en ʼn duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie. Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer” (2 Pet 3:8v).

Dus: nog ʼn bietjie wag.

En intussen is daar nog baie om te doen: die goeie nuus moet almal bereik: Jesus kom!

 

Piet Meiring