
Die Heiligheid van die Here
Hierdie teks is voorgeskryf vir Triniteit-Sondag – nogal ‘n uitdaging! En tog, miskien is dit presies waaroor die Here wil hê ons vandag moet nadink. Want dit gaan hier oor ‘n visioen van God, ‘n inbeelding, as jy wil, ‘n prentjie van God. Onmiddellik word die oordenking dan vir ons heel belangrik. Want ons elkeen het ‘n prentjie van God, ‘n beeld van hoe God lyk en is. Soms ‘n skewe beeld van God, meestal ‘n vae beeld. Dikwels word daar gekrap en gekap aan die beeld wat ons van God het, dit word geskud, selfs stukkend gebreek … dit laat ons besef dat ons eintlik nie weet hoe God lyk of is nie. En juis dié onsekerheid maak ons bang. Hoe lyk God? Hoe is God? Hoe dink en praat ons oor God? Met watter prentjie van God leef ons?
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd